Federal Bureau of Investigation

Vlag van die FBI
Seël van die FBI
Die FBI se hoofkantoor in Washington, D.C.

Die Federal Bureau of Investigation (afgekort: FBI, Afrikaans: Amerikaanse Federale Speurdiens of Federale Buro van Ondersoek) is die binnelandse intelligensiediens van die Verenigde State van Amerika en 'n afdeling van die Amerikaanse Departement van Justisie. Hulle het die magtiging om bykans enige saak te ondersoek waar daar 'n oortreding van die Federale wette is met die uitsondering van geldvervalsings, belastingsake en pos-en-doeane sake. Hulle het onder andere magtiging om spioenasie, sabotasie, hoogverraad en ander sake wat die veiligheid van die Verenigde State in gedwang kan bring te ondersoek. 'n Federale Ondersoek afdeling is reeds in 1908 gestig en was eers bekend as die Bureau of Investigation maar die FBI soos dit tans lyk is in 1935 gestig. Een van hulle divisies is die vingerafdrukke-divisie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search